Klingon TaalInstituut

Na vyf jaar is die Klingon TaalInstituut (Klingon Language Institute) nog steeds besig met hul sending om individue saam te bring wat geïnteresseerd is in die studie van die Klingon taal en kultuur; asook om 'n forum te verskaf vir die bespreking en uitruiling van idees. Lidmaatskap is uiteenlopend, insluitende nuuskierige Star Trek bewonderaars met vrae oor die Klingon taal, rolspelers wat egtheid aan hul karakters wil verleen, asook studente en vakkundiges in die taalwetenskappe, rekenaarwetenskap en sielkunde wat Klingon sien as 'n bruikbare metafoor in die klaskamer of wat slegs 'n beroep wil meng met afleiding. Alhoewel die taalinstituut gegrond is in die VSA, is die Instituut 'n internasionale poging wat tans dertig lande op al sewe kontinente bereik.

Die Klingon taal is uniek. Daar is ander kunsmatige tale, en ander tale geskep vir denkbeeldige wesens, maar Klingon was een van die rare geleenthede waar 'n opgeleide taalkundige gevra was om 'n taal te skep vir sulke wesens. Voeg hierby dertig jaar van Star Trek, 'n storie wat populêre kultuur deurweek het en wat rondom die aardbol strek. Die faktore begin om die populariteit van die vegterstong te verduidelik.

Indien jy belangstel in die Klingon taal is die plek om te begin met Marc Okrand se The Klingon Dictionary wat uitgegee word deur 'Pocket Books (ISBN 0-671-74559-X)'. Dr. Okrand het die taal ontwerp vir Paramount Studios en was 'n konsultant op verskeie Star Trek films asook episodes van Star Trek: The Next Generation. Ek raai die voornemende student ook aan om kopiee van Conversational Klingon (ISBN 0-671-79739-5) en Power Klingon (ISBN 0-671-87975-8), twee kasette (deur Marc Okrand, met vertelling deur Michael Dorn) aan te koop. Die kassette sal jou nie net help om die klanke van Klingon te leer nie, maar ook bruikbare uitdrukkings aan te leer. Indien jy nie die bogenoemde items lokaal kan verkry nie, kan dit bestel word vanaf die KLI se webterrein deur gebruik te maak van 'n kredietkaart.

Die hoofvoertuig van die Klingon TaalInstituut is HolQeD, 'n kwartaallikse joernaal. Elke uitgawe bevat kunswerk, artikels en vaste rubrieke wat Klingon taalkunde, taal en kultuur bespreek. Verder word lede se briewe gepubliseer wat idees en argumente uit vorige uitgawes bespreek, ondersoek en debateer. Dit lei na 'n atmosfeer van onderlinge respek en oop bespreking. HolQeD is meer as net 'n nuusbrief, dit is 'n akademiese joernaal wat gelyke oorsig gebruik, geregistreer is met die Amerikaanse KongresBiblioteek (Library of Congress) en gelys is deur die Moderne TaalGenootskap (Modern Language Association).

Al is jy 'n algehele beginner of totaal vlot, al het jy nog nooit 'n taal geleer nie of jy kan 'n dosyn tale lees en skryf, indien jy geïnteresseerd is in die Klingon taal dan nooi ek jou uit om by ons aan te sluit in ons verkenning van die vinnigste groeiende taal in die heelal.

Qapla'

Lawrence M. Schoen, Ph.D.
KLI Direkteur

* Back to KLI Home Page